Free State Youth Choir – Vrystaatse Jeugkoor https://vrystaatsejeugkoor.co.za The Best Choir in the World! Sun, 07 Apr 2024 16:30:28 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=7.1 https://vrystaatsejeugkoor.co.za/wp-content/uploads/2024/02/cropped-lapelwapentransparent_1000x1000-32x32.png Free State Youth Choir – Vrystaatse Jeugkoor https://vrystaatsejeugkoor.co.za 32 32 Van 1965 tot 1996 was daar 32 jeugkore en ongeveer 1 300 leerders in die Vrystaat kon deel wees daarvan. (OFM) https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2024/03/14/van-1965-tot-1996-was-daar-32-jeugkore-en-ongeveer-1-300-leerders-in-die-vrystaat-kon-deel-wees-daarvan-ofm/ https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2024/03/14/van-1965-tot-1996-was-daar-32-jeugkore-en-ongeveer-1-300-leerders-in-die-vrystaat-kon-deel-wees-daarvan-ofm/#respond Thu, 14 Mar 2024 07:00:00 +0000 https://vrystaatsejeugkoor.co.za/?p=912

Wonderlike herinneringe is geskep en vriendskappe is gesluit. Die kosbaarste van alles is dat lede steeds kan saamsing en mooi musiek maak! Vrystaat Jeugkoor-komiteelid en Bloemfonteinse koorleier Leona Geldenhuys sluit by Yolanda aan in die OFM Kunsteklop.

Luisteraars word genooi om Saterdag 23 Maart 2024 om 19:30 die Konsert van Oud-Jeugkoorlede in die Odeion op die Kovsiekampus teen R50 per persoon sowel as Sondagoggend 24 Maart om 09:00 die  erediens (gratis) in die Geloofsentrum Universitas by te woon waartydens die Reünie-Koor ‘n bydrae sal lewer.

Besoek https://vrystaatsejeugkoor.co.za/ om te registreer en vir nog besonderhede.

Source: https://www.ofm.co.za/article/arts/330734/oudlede-van-vrystaatse-jeugkoor-hou-re%C3%BCnie-

]]>
https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2024/03/14/van-1965-tot-1996-was-daar-32-jeugkore-en-ongeveer-1-300-leerders-in-die-vrystaat-kon-deel-wees-daarvan-ofm/feed/ 0
Oudlede van die Vrystaatse Jeugkoor hou reüniekonsert (Courant 2024) https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2024/03/14/oudlede-van-die-vrystaatse-jeugkoor-hou-reuniekonsert-courant-2024/ https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2024/03/14/oudlede-van-die-vrystaatse-jeugkoor-hou-reuniekonsert-courant-2024/#respond Thu, 14 Mar 2024 04:00:00 +0000 https://vrystaatsejeugkoor.co.za/?p=910 Die 60ste reünie van die Vrystaatse Jeugkoor word van 21 tot 24 Maart in Bloemfontein gevier en sal met ’n konsert van oudlede van die geliefde koor by die Odeion afgesluit word.

Een van die reünie se organiseerders, Chris van der Westhuizen, het vertel waarom hulle die reüniekonsert vir vanjaar gereël het.

“Ek kan dit nie beter stel as wat Ronel Wall dit in ’n Facebook-plasing aan ons gestel het nie,” het hy begin. “Haar plasing lees: ‘Ek glo ook dat daardie saamwees met mede Jeugkoorlede net goed kan wees vir die gemoed.

’n Mens kan daardie saamwees met niks anders vergelyk nie. Mense wat nie koor sing nie, sal dit nooit verstaan nie’,” het Van der Westhuizen gesê.

Die gewildheid en opgewondenheid rondom die reünie kan gesien word in die deelname in die konsert.

“Ons het ongeveer 155 lede wat op ’n pre-registrasie opname aangedui het hulle kom,” het Van der Westhuizen vertel, “die werklike registrasies kom nog daagliks in en staan tans op net oor die 70.”

Oudlede van die Vrystaatse Jeugkoor hou elke 10 jaar ’n dekade reünie, en Van der Westhuizen hoop om die volgende een nog groter as ooit te maak.

“Hopelik sal ons vir die 70ste reünie ál 1288 lede wat oor die jare gesing het, van 1965 tot 1996, in die hande kry,” het hy vertel.

Volgens Van der Westhuizen moet oudlede wat oorlede is ongelukkig van die getal afgetrek word. “Daar is wel lede wat af en toe ’n reünie of sommer net ’n lekker bymekaarkom reël,” het hy ook bygevoeg.

Van der Westhuizen is self baie opgewonde oor die konsert, en vertel dis wonderlik “om ou bekende gesigte weer te sien en weer die lekker gevoel tussen mekaar te kan waardeer terwyl ons uit volle bors sing vir die Here!”

Die konsert, wat tydens die reünie gaan plaasvind, gaan op Saterdag 23 Maart om 19:30 by die Odeion plaasvind, en op Sondag 24 Maart sal die Reüniekoor by die erediens van die Geloofsentrum in Universitas ook hul bydrae lewer.

By: Warren Hawkins

Sourse: https://www.bloemfonteincourant.co.za/oudlede-van-die-vrystaatse-jeugkoor-hou-reuniekonsert/

]]>
https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2024/03/14/oudlede-van-die-vrystaatse-jeugkoor-hou-reuniekonsert-courant-2024/feed/ 0
Vrystaatse Jeugkoor hou reüniekonsert (Courant 2024) https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2024/03/11/vrystaatse-jeugkoor-hou-reuniekonsert-courant-2024/ https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2024/03/11/vrystaatse-jeugkoor-hou-reuniekonsert-courant-2024/#respond Mon, 11 Mar 2024 04:00:00 +0000 https://vrystaatsejeugkoor.co.za/?p=908 Vir die eerste keer in 10 jaar hou die Vrystaatse Jeugkoor weer ’n reüniekonsert. Die 60ste reünie van hierdie geliefde koor word tussen 21 en 24 Maart in Bloemfontein gehou en sal met ’n konsert van oudlede van die koor by die Odeion gevier word.

Oud-Jeugkoorlede kan vir Leona Geldenhuys kontak by 083-444-0181 indien hulle belangstel om die samekoms van oudlede by te woon.

Een van die organiseerders, Chris van der Westhuizen, het vertel: “Ons het so 350 lede uit die 1288 sover in die hande gekry,” en voeg ook by “Lede kan nog tot die 14de Maart registreer.”

Lees meer in hierdie week se Bloemfontein Courant.

Deur: Warren Hawkins

Source: https://www.bloemfonteincourant.co.za/vrystaatse-jeugkoor-hou-reuniekonsert/

]]>
https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2024/03/11/vrystaatse-jeugkoor-hou-reuniekonsert-courant-2024/feed/ 0
Soeklig – Vrystaatse Jeugkoor Leona Geldenhuys en Chris van der Westhuizen https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2024/02/07/soeklig-vrystaatse-jeugkoor-leona-geldenhuys-en-chris-van-der-westhuizen/ Wed, 07 Feb 2024 10:30:00 +0000 http://vrystaatsejeugkoor.co.za/?p=220 Chris en Leona gesels met Michiel Combrinck van Radio Rosestad oor die opkomende 60 jaar Jeugkoor reünie.

Source: https://iono.fm/e/1403826

]]>
SKKK en Coenie de Villiers betower by Klassique https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2023/08/07/skkk-en-coenie-de-villiers-betower-by-klassique/ Mon, 07 Aug 2023 09:01:00 +0000 http://vrystaatsejeugkoor.co.za/?p=216

Jan-Erik Swart oorhandig ‘n sertifikaat vir erelidmaatskap van die Vrystaatse Jeugkoor aan Coenie de Villiers.

TUINROETE NUUS – Die Suid-Kaap Kinderkoor onder leiding van Jan-Erik Swart het die pasafgelope Vrydagaand ‘n volgepakte gehoor in die Oudtshoorn-burgersentrum op hul voete gehad tydens hul Karoonagte met die SKKK en vriende- produksie met Coenie de Villiers, Alida Scheepers en Brittany Smith.

Ná ‘n volle dag van repetisies het die SKKK die verhoog betree en ‘n klassieke program liedere aangebied wat Mozart se Laudate Dominum met sopraan Brittany Smith, asook S le Roux Marais se Heimwee met sopraan Alida Scheepers, ingesluit het.

Die hoogtepunt van die aand was die gesamentlike optrede met Coenie de Villiers waar die SKKK sy komposisies Katedraal en Karoonag aangebied het.

Dirigent Jan-Erik Swart het ‘n verrassing vir Coenie voorberei wat net vóór Karoonag aan Coenie oorhandig is. 

Toe Coenie sy gebruiklike verhaal vertel het oor hoe hy sy oudisie vir die Vrystaatse Jeugkoor vyftig jaar gelede as graad-elf seun gedruip het, het hy huis toe gegaan en Karoonag geskryf. Jan-Erik het, as mededirigent van die Vrystaatse Jeugkoor 2014 reüniekoor, ‘n sertifikaat aan ‘n aangedane Coenie oorhandig waar hy as erelid van die Vrystaatse Jeugkoor aangewys is.

Die Suid-Kaap Kinderkoor trek die beste skoolkoorlede van sover as Ladismith, Stilbaai, Oudtshoorn, Mosselbaai, Hartenbos, George en Knysna en word tans onder die beste 500 amateurkore ter wêreld, volgens die IFCM-ranglys, beskou.

Suid-Kaap Kinderkoor onder leiding van Jan-Erik Swart

Source: https://www.georgeherald.com/Entertainment/Article/skkk-en-coenie-de-villiers-betower-by-klassique-202308070946

]]>
Ondervoorsitter van ons moderatuur, Dawie Botes https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2022/04/22/ondervoorsitter-van-ons-moderatuur-dawie-botes/ Fri, 22 Apr 2022 06:00:00 +0000 http://vrystaatsejeugkoor.co.za/?p=202 Dr Dawie Botes is tydens die onlangse sinodesitting van die NG Kerk Sinode van die Vrystaat as ondervoorsitter van die moderatuur verkies. Hy was vir baie jare die eksterne kerklike moderator van ekklesiologie aan die UV (Universiteit van die Vrystaat) saam met ds Jan Lubbe (ons nuwe voorsitter van die moderamen) en prof Piet Strauss. Hy dien ook op die dagbestuur van die kuratorium by die Fakulteit Teologie van die UV en het vir ’n paar jaar op die kerkorde-kommissie van die Sinode van die Vrystaat gedien.

Maar wie is hierdie predikant wat so passievol is oor rugby en die aktuele politieke sake van die dag?

Dawie Botes is ’n Vrystater in murg en been. Hy is op 22 Februarie 1968 as die jongste van vier kinders op Kroonstad gebore en het op Odendaalsrus grootgeword. 

“Ons familie is vandag nog baie geheg en na aan mekaar,” vertel Dawie. “Ons ken nie konflik en onmin nie. My pa was ’n predikant en is in 2000 oorlede. My ma word vanjaar 95 en woon steeds in haar eie woonstel. Sy is helder van verstand, hardwerkend en vol liefde en gebede vir haar kinders.

“My kinderjare was wonderlik,” sê Dawie. “Ons buurt se kinders het die strate tot laatnag vol gespeel. Op Sondae was ons almal kerk toe en in die kategeseklas daarna. Gedurende die week was ons by kerkjeug-aksies betrokke.”

As kind is daar baie mense wat ’n invloed op jou geestelike lewe het. In Dawie se geval was dit veral sy ouers wat ’n groot invloed op sy vormingsjare gehad het. Hy vertel: “My ma het vir my kategese gegee en later was ek in my pa se belydenisklas. Albei my ooms, ds Weitz Botes en ds TP Smith, was ook predikante en het ’n groot invloed op my geestelike lewe gehad.

“Toe ons klein was, het ons as gesin om ons tafel gekniel en saam gebid en gesing wanneer my pa klaar vir ons Bybel gelees het. Ek onthou dat as ek saans vir my pa-hulle gaan nagsê het, ek hom dikwels op sy knieë gesien het, besig om te bid langs sy bed. My ouers was voorbeelde in hul gebede en liefde vir die Here.”

Dawie voltooi Standerd 5 (Graad 7) aan die Laerskool Odensia en matriek (Graad 12) aan die Hoërskool Wessel Maree. “Soms het ek sommer met die fiets skool toe gery net omdat dit vir my lekker was,” vertel Dawie. “Ek koester net goeie herinneringe aan my skooljare. Dit was so heerlik sorgvry.” Een van die hoogtepunte tydens sy skooljare was dat hy in die 1985 in die Vrystaatse Jeugkoor gesing het.

Dawie se roeping om predikant te word, het hy alreeds tydens sy pa se eredienste ontvang. “Wanneer die gemeente gesing en my pa met die deskant inval het, het ek ’n verdere roeping beleef – om ’n getuie vir die Here te wees. As kind onthou ek hoe ek eendag vir iemand wat op die sypaadjie gesit het, van Jesus vertel het en vir hom gevra het of sy saak met die Here reg is. Dit was net iets wat ek nie vir myself kon hou nie.”

Ná skool het Dawie sy twee jaar-diensplig aan die SA Weermag voltooi waarna hy in 1991 ’n kwalifikasie in personeelbestuur behaal het. Daarna gaan studeer hy teologie aan die UV. Hy geniet sy studentelewe terdeë. Hy speel rugby en muurbal vir sy koshuis, Huis Kiepersol, dien op hul huiskomitee, is redakteur van hul koshuisblad en sing in 1993 in die universiteitskoor.

Nadat hy sy BTh in 1997 voltooi het, het hy in 2001 ’n MTh oor die lewe en werk van sy oupa, ds WJ Botes (1880 – 1928) wat ’n sendeling in Njassaland (Malawi) was, verwerf. Sy DTh voltooi hy in 2012 met die onderwerp, Die NG Kerk as profeet teenoor die Suid-Afrikaanse regering (1962-2002), ’n kerkhistoriese perspektief.

“Hierdie doktorale studie en my belangstelling in die politiek was die rede waarom ek en ds Jeremia Olifant van die NGKA in 2017 na Kaapstad gevlieg en by die parlement se hekke gaan bid het teen plaasmoorde,” vertel Dawie. Hy dien in 1994 as lid op die Studenteraad van die UV met Dialoog as portefeulje. Dit het onder andere behels dat hy met die politieke leiers van daardie tyd moes skakel.

Dawie begin sy loopbaan in 1998 as predikant van die NG Gemeente Petrusburg. Daarna dien hy as predikant van die gemeentes Bethlehem-Môrelig (2008), Vrede-Wes (2012) en Welkom-Wes (2017).  “By elke gemeente was daar wonderlike lidmate wat lojaal was en steeds is. In elke ring het ek ook wonderlike kollega’s gehad om mee saam te werk,” vertel Dawie.

Dit is egter nie aldag maklik om die geestelike leiding in gemeentes te neem nie; daar is ook vele uitdagings. As jy vir Dawie vra watter raad hy aan jong predikante kan gee wat nuut in hierdie beroep instap, antwoord hy: “Iets wat ek deur die jare geleer het, is dat ’n mens opreg moet wees en naby aan die Here moet leef. Wat onontbeerlik is vir die bediening, is om in gebed stil te word voor die Here met sy Woord. Daarsonder is jy ’n leë prediker. Daarmee saam moet jy dit wat jy preek, uitleef. Bid baie, lees die Bybel en doen alles opreg tot eer van die Here. Alles gaan om die Here en nie oor jouself nie. Wees elke dag positief in die Here. Hy is die Koning van alle Konings en die Here van alle Here. Ek kan getuig dat wonderwerke vandag nog gebeur; ons moet dit net raaksien. Geniet jou werk as predikant. Dis die lekkerste werk ooit en ek sal dit elke keer weer kies as ek moet.”

As predikant is daar baie mense wat jou geestelik in jou roeping help vorm en laat groei. In Dawie se geval het veral die werk van Calvyn sy verstaan van teologie help vorm. “Dit weerspieël ’n diepe eerbied en ontsag vir die Here en die Woord van God. Calvyn het ’n simbool gebruik van ’n hand met ’n hart in wat eintlik wil sê hiermee offer ek myself voortdurend en opreg op aan die Here. En dit is wat my hart ook sê. Ek moedig ook predikante aan om die versamelde werke van dr Andrew Murray, veral deel vier oor die gebedslewe en die deel oor die band tussen leraar en gemeente te lees. Ek lees ook soms dr A. Kuyper se Uit Het Woord, H. Veldkamp, Menigerlei Genade en die Wekeliksche leerredenen van Kampen in Nederlands.

“Eietydse teoloë wat ’n indruk op my gemaak het, is onder andere Johan Heyns, Willie Jonker, Piet Strauss, Stefan Joubert en P.C. Potgieter. Die meeste van my professore waarby ek klas gehad het, het ook ’n groot invloed op my geestelike denke gehad, soos prof Dolf Britz wat my MTh-studieleier was en prof Hoffie Hofmeyr onder wie se leiding ek my doktorale studie gedoen het.

“Die afgelope jare lees ek ook veral oor Billy Graham, die groot geestelike leier van Amerika wat so passievol was in sy bediening en wêreldwyd gepreek het oor Jesus Christus. Ek bewonder veral sy noue bande met die presidente van Amerika vir wie hy geïnspireer het om te bid en om na aan die Here te leef. Hy het selfs in kommunistiese lande gepreek en hul leiers het hom uitgevra oor sy geloof. Sy aanmoediging dat ons ambassadeurs vir Christus moet wees, inspireer my baie.”

Dawie is baie opgewonde oor die volgende geslag predikante en die kerk van die toekoms. Hy sê: “Ons jong predikante maak my baie opgewonde omdat hulle so ’n passie vir die Here Jesus het. Hulle preek lekker prakties en getuig oor hul passie vir Christus.”

Daar is egter ook sake wat vir Dawie bekommerd maak. Hy verduidelik: “Daar is al hoe meer en meer stemme en getuienisse van dosente by fakulteite wat nie meer glo aan die basiese waarhede van die Skrif nie; wat Christus se opstanding en die maagdelike geboorte ontken. Hulle maak die Skrif af as mensewoorde en wat selfs beweer dat Jesus nie die enigste weg is nie.  Dit is onverskoonbaar dat dosente nie aan studente die ware weg leer soos dit in ons belydenisskrifte verwoord is nie en om nie die Woord suiwer aan hulle te leer nie.

“Die korrupsie, swak dienslewering en traak-my-nie-agtige gesindheid van die ANC-regering is vir my totaal onaanvaarbaar. Ek het ook al talle briewe geskryf om my afkeur ten opsigte van hul optrede te lug.”

Dawie se droom vir Suid Afrika en die kerk is dat ons waarlik ’n biddende kerk in Jesus Christus sal wees; dat ons waarlik net voor Hóm sal buig en net sý Woord sal leef; dat ons elke dag aan onsself en eie ek sal sterf.”

Dawie is in 2005 met Animé, wat 15 jaar jonger as hy is, getroud en hulle het twee kinders, Dawie (16) en Liné (14). “My vrou is vir my beeldskoon en ons is baie trots op ons kinders,” sê Dawie. “Oor ons lewe staan geskryf: nét genade.”

Dawie Botes
Foto deur Tertius Botha: Dr Dawie Botes, Bloemfontein Sinodesitting 2022.

source: https://www.ngkerkvrystaat.co.za/ondervoorsitter-van-ons-moderatuur-dawie-botes/

]]>
Harsh Rejection, Deep Scars https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2021/04/22/harsh-rejection-deep-scars/ Thu, 22 Apr 2021 06:00:00 +0000 http://vrystaatsejeugkoor.co.za/?p=205 Posted on by bewilderbeast

If you’re writing an olden days blog you run out of material. Only so much happened from when I was born till I met Aitch, which is the timeline of this blog – my Born, Bachelorhood and Beer blog. So there’s recycling. Here’s a post I wrote in 2014, twice updated and embellished:

~~oo0oo~~

In high school we had an older mate who was in the Free State koor. He was famous in Harrismith for that. You could say he enjoyed Harrismith-wide fame. His nickname was Spreeu but we called him Sparrow. Everyone knew Sparrow – Chris Bester – and everyone knew Sparrow was one of ‘Die Kanaries – Die Vrystaatse Jeugkoor.’ Fame! Travel! Bright lights! Girls threw their broekies at the Kanaries! OK, maybe not.

One day a buzz went round school that Septimus – apparently he was the seventh child – Smuts, Free State Inspector of Music was there – here! in Harrismith, city of song and laughter – to do auditions for new members for this famous koor.

We were there! Me and Gabba. Neither known for having the faintest interest in warbling before (my membership of the laerskool koor a distant memory – I was over the trauma). Nor any other form of culture come to think of it, other than the fine art of rugby. Gabba was a famous – beroemde, kranige – rugby player, having been chosen for Oos Vrystaat Craven Week in Std 8, Std 9, Std 9 & Std 10. Strong as an ox, great sense of humour, good heart.

People were amazed: “What are YOU ous doing here?” they asked as we waited in the queue. We just smiled. We’d already missed biology and PT.

Septimus was a dapper little rockspider full of confidence. He gave Gabba exactly three seconds and sent him packing. Gave me ten times longer and said ‘Nice enough, but no range.’ So back to class we went, crestfallen look on our dials, mournfully telling our mates and the teacher that we COULD NOT understand how we’d been rejected and there must have been some kind of mistake. Tender-rigging, maybe? Maybe our voices were taken out of context?

– Gabba in choirboy mode – Seppie at the piano –

The maths teacher Ou Oosie raised his eyebrows behind his black plastic bril, but we stuck to our story: It had been a longtime deep desire of ours to sing for our province and the rejection cut us deep.

It became my & Gabba’s standing joke over the decades that followed. Every time we met we’d have a lekker laugh. Then he’d update me on our hoerskool athletics records: his for shotput and mine for the 100m sprint. Mine was eventually beaten about twenty years later. Gabba said ‘hier’t n nuwe oukie gekom wat soos die wind gehol het.’ His shotput record probably still stands, as far as I know. It was a mighty heave. I choon you, on that day in 1972, he stooted that gewig moertoe.

~~oo0oo~~

Decades later, research has uncovered what Septimus was looking for. If only we had known! Here’s the criteria they were looking for in aspiring choristers in the late 60’s, just a few short years before this appearance of ours on Harrismith’s Got Talent (HGT©):

We may have scored E’s and F’s on most of these, but on 7.2.1.8 Intelligence and Dedication we surely got an A? Also, if we’d known that Septimus the choirmaster had ‘n besondere liefde vir die gedrae polifonie van Palestrina se koorkompetisies,’ we’d have practiced that shit.

~~oo0oo~~

spreeu – starling, but mistranslated and verengels as ‘sparrow’

verengels – anglicised; corrupted

Die Kanaries – ve canaries

Vrystaatse Jeugkoor – Free State Youth Choir; it must be confessed we would mock it as the Yech Choir

broekies – panties; maybe bloomers

beroemde, kranige – famous, outstanding

Oos Vrystaat – Eastern Free State; our neck of the woods

bril – spectacles; eyeglasses

hier’t n nuwe oukie gekom wat soos die wind gehol het – a new guy arrived in the dorp who ran like the wind

stoot a gewig – shotput

moertoe – a long way

‘n besondere liefde vir die gedrae polifonie van Palestrina se koorkompetisies – fuck knows

~~oo0oo~~

Here’s Sep and one of his choirs with which he gained moderate regional fame. Of course he dipped out on international acclaim by not signing up me and Gabba as a duet.

~~oo0oo~~

Source: https://vrystaatconfessions.com/2021/04/22/harsh-rejection-scars/

]]>
‘Lewe armer sonder oom Danie’ van VS Jeugkoor https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2020/11/07/lewe-armer-sonder-oom-danie-van-vs-jeugkoor/ Sat, 07 Nov 2020 06:00:00 +0000 http://vrystaatsejeugkoor.co.za/?p=210 Oom Danie Hyman is op 7 November 2020 in Kroonstad oorlede.

Photo Source: https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/musiek/lewe-armer-sonder-oom-danie-van-vs-jeugkoor-20201111

Oom Danie Hyman is vanoggend 05h30 bevorder tot die Hemelse Koor se dirigent. Ons gaan hom baie mis. Ons wens vir tannie Hermine Hyman en familie alle voorspoed toe. Mag Jesus julle dra in hierdie tyd. Ons salueer u oom Danie ❤❤🙌🙌🙏🙏

]]>
Vrystaatse Jeugkoor hou reüniekonsert (Parys Gazette 2014) https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2014/02/27/vrystaatse-jeugkoor-hou-reuniekonsert-parys-gazette/ https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2014/02/27/vrystaatse-jeugkoor-hou-reuniekonsert-parys-gazette/#respond Thu, 27 Feb 2014 04:00:00 +0000 https://vrystaatsejeugkoor.co.za/?p=904 Vrystaatse Jeugkoor hou reuniekonsert (Parys Gazette 2014)

Source: https://issuu.com/parysgazette/docs/parysnv_20140227

]]>
https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2014/02/27/vrystaatse-jeugkoor-hou-reuniekonsert-parys-gazette/feed/ 0
Sanet lewe met oorgawe https://vrystaatsejeugkoor.co.za/2014/02/06/sanet-lewe-met-oorgawe/ Thu, 06 Feb 2014 06:00:00 +0000 http://vrystaatsejeugkoor.co.za/?p=213 Sanet van Rooyen (Nee Botha) Oorspronklik an Sasolburg & Bethelehem, en was in Afrikaanse Hoërskool Sasolburg.

Source: https://dokumen.tips/documents/vrystaat-news-20140206.html?page=4

]]>