Free State Youth Choir – Vrystaatse Jeugkoor Massakoor Reünie (21-24 Maart 2024)

Massakoor Reünie (21-24 Maart 2024)

Reunie Poster

Kom geniet die 60-jaar Reünie by die Odeion op Kovsie Kampus in Bloemfontein.

NEEM NOU DIE VOLGENDE STAPPE – TYD LOOP UIT!!!

Kliek hier om die opwindende program te besigtig

Kliek hier vir die bladmusiek
(Moet nie dat dit jou afskrik nie. 10jaar terug se massakoor reunie het bewys ons kan dit doen in 3 dae! 😀 )

Indien jy ‘n oud-Jeugkoorlid is, of jy kom of nie, vul asb. die Lede Registrasie vorm in. Ons het dalk nie jou kontakbesonderhede nie, en het dit dus dringend nodig. Dan weet ons jy weet en ons span sal nie verder na jou soek of pla nie.

Indien jy weet van lede wat nie internet het nie, help asseblief om die registrasie namens hulle in te vul.

Ons Reünie Komitee poog om al 1288 lede in die hande te kry en met jou hulp gaan dit beslis makliker gaan.  Ons het name en nommers nodig, al is dit hoe oud. Eers met ‘n stewige databasis, kan ons beter besluite begin neem.

Dit sal verseker weer enig in sy soort wees, en vir baie moontlik die laaste Jeugkoor Reünie. So kom ons maak dit ‘n reuse sukses deur jou gebede en hulp waar kan.

Die vorms vra baie vrae en ons raad is dat dit eers deurgelees word.  Dit stel jou in staat om al die inligting wat jy aan ons wil verskaf kan bymekaar maak.  Vrae soos watter liedjies was in jou jaargroep vir jou die mooiste, het jy dalk inligting van ander lede, datums van die reunie, het jy plate, cd’s of kasette, en so aan.  Ons besef dit is omslagtig en het belangrike inligting met ‘n * aangedui – dit is verpligte velde.  Jou bydrae sal sorg dat ons die reunie uitstekend kan reël.

Hier volg die links (skakels) vir lede sowel as belangstellendes wat die uitmuntende geleentheid wil bywoon. Maak seker jy het jou name en nommers van lede (al is dit net ‘n enkele) reeds êrens op die rekenaar in teks formaat om in te “copy/paste” waar versoek word, of e-pos dit aan ons.

Hoe kan jy help!

Jy is ons hulp bemarker. Vertel asseblief vir almal van die webblad en die Jeugkoor Reünie!!!  Jy kan help deur op die facebook like en share of ander opsies hieronder te kliek en so die woord te verspry. Of “Copy/Paste” hierdie blad in ‘n epos en email aan almal wat jy kan, en vra dat hulle die mail sal aanstuur.

Jy kan op die lede registrasie databasis kyk wie jy ken, en hulle vir ons soek op facebook en in jou adreslyste en op Internet. Dan met hulle kontak maak en ‘n selfoonnommer en email te bekom, en dit asseblief vir ons aanstuur.

Groete
VS Jeugkoor Reünie Komitee

logo 150 150

Leave a Reply