Vrywaring, Kopiereg en Gebruikersooreenkoms vir Vrystaatse Jeugkoor Webtuiste
Enige persoon wat die vrystaatsejeugkoor.co.za webtuiste (hierna ook verwys na as “die webtuiste” of “hierdie webtuiste”) besoek en/of toegang verkry op welke wyse ookal, sal onderhewig wees aan die volgende terme en voorwaardes:
1. VRYWARING
Terwyl vrystaatsejeugkoor.co.za alle redelike pogings aanwend om te verseker dat die inligting en/of data in hierdie webtuiste vervat, verkry is van betroubare bronne sal vrystaatsejeugkoor.co.za nie verantwoordelik wees vir enige foute, voorstellings of weglatings of die resultate wat verkry is na aanleiding van die gebruik van die inligting nie;
vrystaatsejeugkoor.co.za en/of sy lede, werknemers en/of agente maak geen waarborge of voorstellings van enige aard ookal hetsy uitdruklik, stilswyend of by wyse van implikasie tot die werking van hierdie webtuiste, die inligting daarop vervat, die inhoud daarvan, die goedere en dienste wat op hierdie webtuiste geadverteer word nie asook nie ten opsigte van enige andere inligting en/of webtuistes wat via die vrystaatsejeugkoor.co.za webtuiste toeganklik is nie;
vrystaatsejeugkoor.co.za en/of sy werknemers en/of agente sal nie aanspreeklik wees vir enige skade en/of verlies gely van welke aard ookal, as gevolg van die gebruik van hierdie webtuiste of as gevolg van die gebruik van enige inligting en/of data wat vervat is op die webtuiste of enige ander inligting en/of data wat via hierdie webtuiste toegangklik is of word nie;
Vrystaatsejeugkoor.co.za aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir die gebruik, hetsy deur direkte of indirekte gebruik, die werking en/of korrektheid van die inligting van enige webkoppelings op die vrystaatsejeugkoor.co.za webtuiste nie.
2. KOPIEREG
Vrystaatsejeugkoor.co.za is die eienaar of reghebbende van alle inligting en/of data wat in hierdie webtuiste vervat is en behou alle kopiereg voor;
Die volledige inhoud van hierdie webtuiste insluitende die teks, grafiese ontwerpe, logo’s, en handelsmerke is die eiendom van Vrystaatsejeugkoor.co.za en/of sy filiale en is beskerm deur die Suid-Afrikaanse en internasionale intellektuele goedere reg.
TOEPASLIKE REG EN WYSIGINGS
Hierdie webtuiste is geskep, word onderhou en beheer deur vrystaatsejeugkoor.co.za in die Republiek van Suid-Afrika en gevolglik sal die wette van die Republiek van Suid-Afrika asook Suid- Afrikaanse jurisdiksie hierop van toepassing wees;
vrystaatsejeugkoor.co.za behou die reg voor om wysigings tot hierdie webtuiste asook die terme en voorwaardes hierin vervat, te maak sonder enige vooraf kennisgewing aan enige van die gebruikers van hierdie webtuiste;
Indien vrystaatsejeugkoor.co.za se regte soos hierin vervat aangetas word of sou enige gebruiker nie hierdie terme en voorwaardes nakom nie, sal vrystaatsejeugkoor.co.za geregtig wees om toepaslike regsaksie en/of optrede te neem.