1999/10/15
DIE enigste provinsiale koor in die land, die Vrystaat-sangers, tree op 16 Oktober in Bloemfontein in die Fanie Naudé-saal van die Hoër Meisieskool Oranje op. Die koor is in 1998 gestig nadat die Vrystaatse Jeugkoor in 1996 ontbind het. Danie Hyman, wat vir meer as ‘n dekade die Jeugkoor gelei het, is die koorleier van hierdie opwindende koor wat hom toespits op Afrikaanse en geestelike musiek.
Die koor tree op saam met ATKV-Applous-finaliste, naamlik die kore van die Hoër Meisieskool Oranje.
Kaartjies is by die deure beskikbaar of Johnnie Hay kan by 082 202 2613 gekontak word.
VOLKSBLAD
Gekry vanaf: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/1999/10/15/4/2.html