Groot Lof vir Sanger – Wen in talentkompetisie vir senior burgers

Deur: Tharine Geldenhuys

ANETTE JONKER is lief vir die verhoog. Syhet al op agtjarige ouderdom aan kunswed-stryde deelgeneem en baie gewen. Vandag,ouerasvyf dekades, het synóg ’nkompeti-sie met haar uitsonderlike sang gewen. Dié haarkapper van Kroonstad het aan die eerste landwye Afrikaanse talentkompetisie vir senior burgersdeelgeneem en die afdeling vir ’n Afrikaanse liedjie gewen. Van die land se bekendste en suksesvolste sangers en musikante, wat selfook senior burgers is, het as beoorde-laars opgetree. Twee van die Afrikaanse sangers met internasionale status, Mimi Coertse en Rouel Beukes, was die hoofbeoordelaars. Anette het al die verhoog aan met Rouel gedeel. “Dis lekker om erkenning so te kry. As jong meisie in mymatriekjaar het ek die trofee virsang verower en is destyds verkies as een vandie meisies vir die eerste Vrystaatse Jeug-koor,” vertel Anette…

Kroonnuus 9 Jul 2013

Source: https://dokumen.tips/documents/kroonnuus-9-julie-2013.html?page=1