Jeugkoor hou volgende jaar reünie (2014)

’n DATUM is nou vasgestel vir die reünie van die destydse Vrystaatse Jeugkoor – die langnaweek van 20 tot 23 Maart. Dit beloof om ’n byeenkoms van “nostalgie en koorplesier” te wees, sê Leona Geldenhuys, een van die organiseerders

Dié koor het van 1965 tot 1996 bestaan en sou volgende jaar 50 jaar oud gewees het.

Vier dirigente het die jeugkoor gelei, Dirkie de Villiers, Tersteegen van Huyssteen, Andries Wasserman en Danie Hyman.

’n Propvol program word vir die reünie-naweek beplan, wat saam onthou, saam sing en ’n massauitvoering insluit.

Oud-jeugkoorlede en ander belangstellendes kan Chris van der Westhuizen by 082-850-6552 of ovsjeugkoor@gmail.com kontak.

Besoek ook die webwerf www.vrystaatsejeugkoor.co.za om te registreer en vir meer inligting. – E.B.

Gekry vanaf: http://www.volksblad.com/vermaak/2013-04-15-jeugkoor-hou-volgende-jaar-renie