George se derde CD nou op die rak


george

31 May 2011
Wes-Rand Superster George Meiring het sy nuwe album, Vreemde Wêreld op 11 Mei by Café Culture in Fourways bekendgestel.
george

Vreemde Wêreld is George se derde album, en is deur Snyman Musiek Produksies vrygestel.

George sing reeds van ‘n vroeë ouderdom af, en is besig om diep spore in die plaaslike musiekbedryf te trap.

Op vyf-jarigeouderdom wen George sy eerste sangkompetisie, saam met sy ouer broer Bertus en suster Anne as die Meiring Trio. Alhoewel hy ‘n plaasjapie van die Wesselsbrondistrik in die Vrystaat is, het George altyd geweet dat sy sang sy lewe wil maak en was hy vol vertroue dat hy ‘n blink toekoms sou hê.

Gedurende sy skooljare in Nelsdrift Primêre Skool en Welkom Gimnasium het George ywerig deel geneem aan skoolkonserte, maar hy het nooit terug gestaan op die sportveld nie en verwerf provinsiale kleure in rugby en atletiek.

Sy groot liefde bly egter sang en George sing vir twee jaar in die Vrystaatse Jeugkoor. Gedurende die koor se Europese toer in die vroeë 90s, tree George op as die koor se solis.

Op 21 wen George die gesogte Radio Oranje (OFM) sangkompetisie, sowel as The Star se Model van die Jaar kompetisie en word hy deur die New Face Model Agentskap gekies om na Europa te toer waar hy onder andere modelwerk doen vir Dolce & Gabbana.

Gedurende die volgende 11 jaar reis George deur die wêreld en werk hy ondermeer vir ‘n bekende koninklike familie en tree hy gereeld op in eksotiese plekke soos Dubai, Italië, Spanje, Marokko en Frankryk.

In 2006, aangemoedig deur sy ma, neem hy deel aan SABC2 se Supersterre en eindig hy tweede, waarna Sony Music twee suksesvolle albums vrystel, naamlik Onthou die Tye in 2007 en Ek Glo in More in 2009.

In 2008, word George gekies om die volkslied te sing in Nieu-Seeland tydens die opening van die Drie Nasies-toets teen die Springbokke. Gedurende dieselfde jaar sing George by nog toetswedstryde in Suid-Afrika.

George was deel van die 2010 Face vs Voice OGAE kompetisie, waar hy die ‘Face’ gedeelte wen en tweede eindig in die ‘Voice’ gedeelte, asook algeheel tweede eindig. Die kompetisie bestaan uit die top 26 Suid-Afrikaanse manlike kunstenaars en word beoordeel deur 50 beoordeelaars van regoor die wêreld.

George se nuwe album, Vreemde Wêreld is nou by alle vooraanstaande musiekwinkels beskikbaar.

Besoek George se webtuiste by www.georgemeiring.co.za, rig navrae aan info@georgemeiring.co.za of volg George op Facebook (www.facebook.com/georgetmeiring) en Twitter (www.twitter.com/george_meiring)

Vir foto’s van George se CD vrystelling, besoek ons gallerye.

{youtube}O9TCPXqi7Ts{/youtube}