Johrné van volgende maand te hoor op OFM


2c4689a5ca9648d1835d48b2d5614605

2011-07-08

2c4689a5ca9648d1835d48b2d5614605

JOHRNÉ VAN HUYSSTEEN maak eersdaags sy buiging as die nuwe omroeper op die radiostasie OFM.

JOHANNESBURG. – Die ddisselblom-sanger en TV-aanbieder Johrné van Huyssteen sal eersdaags as radio-omroeper debuteer by die Vrystaatse uitsaaier OFM.

Dít kom kort nadat die omroeper Rian van Heerden ’n pos by die radiostasie Jacaranda 94.2 aangebied is.

Van Huyssteen sal van 1 Augustus sy weekprogram van 15:00 tot 18:00 aanbied en oor aktuele landskwessies praat.

“My program sal heeltemal anders wees as dié van Rian. Ons dink nog aan ’n nuwe naam, en die inhoud sal verskil,” het Van Huyssteen gesê.

“Ek wil ernstige kwessies bespreek, maar soms ’n grapperige informatiewe nuushoek gebruik. Daarby wil ek oor ernstige temas soos grondbesetting praat, maar ek sal dit van alle kante af bespreek. Mense is geneig om net uit een oogpunt te redeneer. In my program gee ek die prentjie weer uit verskeie mense se oogpunte.

“Radiowerk is ’n nuutjie vir my, maar dit voel asof ek my hele lewe lank met alles wat ek gedoen het, hiervoor voorberei het.”

Van Huyssteen het bekendheid verwerf as lid van die driemangroep ddisselblom wat intussen ’n “naweekband” geword het.

– Volksblad: Pauli van Wyk

Gekry vanaf: http://www.volksblad.com/Vermaak/Nuus/Johrne-van-volgende-maand-te-hoor-op-OFM-20110708

(Johrné het ook Vrystaatse Jeugkoor gesing)