Vir die eerste keer in 10 jaar hou die Vrystaatse Jeugkoor weer ’n reüniekonsert. Die 60ste reünie van hierdie geliefde koor word tussen 21 en 24 Maart in Bloemfontein gehou en sal met ’n konsert van oudlede van die koor by die Odeion gevier word.
Oud-Jeugkoorlede kan vir Leona Geldenhuys kontak by 083-444-0181 indien hulle belangstel om die samekoms van oudlede by te woon.
Een van die organiseerders, Chris van der Westhuizen, het vertel: “Ons het so 350 lede uit die 1288 sover in die hande gekry,” en voeg ook by “Lede kan nog tot die 14de Maart registreer.”
Lees meer in hierdie week se Bloemfontein Courant.
Deur: Warren Hawkins
Source: https://www.bloemfonteincourant.co.za/vrystaatse-jeugkoor-hou-reuniekonsert/