VS se Jeugkoor hou reünie (2005)

2005/09/21

WELKOM. — Die Vrystaatse Jeugkoor en die Vrystaat-sangers hou in Oktober reünie.

Mnr. Danie Hyman , 15 jaar lank reeds dirigent van die Vrystaatse Jeugkoor, sê die eerste reünie is dié van die Vrystaat-sangers en word die naweek van 1 en 2 Oktober in Kroonstad gehou.

Die Saterdag sal saam geoefen word met ‘n konsert die aand.

Die Sondag sal die koor nege liedere in die NG Moederkerk sing.

Die diens begin om 09:00.

Die volgende naweek word die reünie van die Vrystaatse Jeugkoor van 1995 in Vanderbijlpark gehou.

Die 60 lede sal die Vrydagaand 7 Oktober by Tropikana Lodge bymekaarkom, die Saterdag oefen en die aand ‘n konsert hou.

Sondag sal kooruitvoerings gelewer word tydens die erediens van die NG kerk Oos.

Die Vrystaatse Jeugkoor is in 1965 deur mnr. Dirkie de Villiers gestig en het in 1996 ontbind.

Die Vrystaat-sangers is in 1998 gestig en het in 2004 ontbind.

Hyman kan by (056) 212-7667 of 083-442-7355 gebel word.

— Tom de Wet

Gekry vanaf: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2005/09/21/VB/7/02.html