Kry jou kopie van foto

2009/08/13

ALTESAAM 11 ongeraamde foto’s van kore en sanggroepe wat in die ontslape koorleier Andries Wassermann se huis gehang het, is beskikbaar vir mense wat daarin belang stel.
Mev. Carolien de Wet, sy suster wat in die Bethlehem-aftreeoord woon, het Vrystaat se kantoor besoek en die ongeraamde foto’s saamgebring. Haar versoek is dat Vrystaat ’n uitnodiging rig aan mense wat dalk deel van die groepe was en graag ’n foto as aandenking wil bekom.
Die foto’s is soos volg: (1) sangfees met die ingebruikneming van die Militêre jeugsaal in Augustus 1975, (2) die 21ste Vrystaatse Jeugkoor 1985, (3) jeugkoor (jaartal onbekend), (4) die 19de Vrystaatse Jeugkoor in 1983, (5) die 15de Vrystaatse Jeugkoor in 1979, (6) die 13de Vrystaatse Jeugkoor in 1977, (7) die 12de Vrystaatse jeugkoor in 1976, (8) die 11de Vrystaatse Jeugkoor in 1975; (9) première van klein Kerskantate in die NG Moederkerk Kroonstad in 1965, (10) groot gemengde koor Stellenbosch met vermoedelik kweekskoolstudente in 1956, (11) die sesde Natalse Jeugkoor in 1973 met mnr. Hein de Villiers en Enid Eitelberg. . Belangstellendes kan Susan Maré by 058-303-5411 bel of Vrystaa t se kantoor in Mullerstraat 39 op Bethlehem besoek om die foto’s te besigtig.

Gekry vanaf: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2009/08/13/VR/7/vsfotoswassermann.html