Wonderlike herinneringe is geskep en vriendskappe is gesluit. Die kosbaarste van alles is dat lede steeds kan saamsing en mooi musiek maak! Vrystaat Jeugkoor-komiteelid en Bloemfonteinse koorleier Leona Geldenhuys sluit by Yolanda aan in die OFM Kunsteklop.
Luisteraars word genooi om Saterdag 23 Maart 2024 om 19:30 die Konsert van Oud-Jeugkoorlede in die Odeion op die Kovsiekampus teen R50 per persoon sowel as Sondagoggend 24 Maart om 09:00 die erediens (gratis) in die Geloofsentrum Universitas by te woon waartydens die Reünie-Koor ‘n bydrae sal lewer.
Besoek https://vrystaatsejeugkoor.co.za/ om te registreer en vir nog besonderhede.
Source: https://www.ofm.co.za/article/arts/330734/oudlede-van-vrystaatse-jeugkoor-hou-re%C3%BCnie-